Steak-bier-en-spek-pasteie
Genoeg vir: 6-8
Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd
Baktyd: 20-25 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
• 10 ml sonneblomolie
• 250 g strepiespek, gekap
• 2 uie, gekap
• 1,5 kg dikrib of stowe-steak, in klein blokkies gesny
• 150 ml beesvleisaftreksel
• 150 ml bier
• 3 ml droë tiemie
• 5 ml fyngedrukte droë brandrissies (opsioneel)
• 5 ml selderysaad (of gebruik selderysout)
• 50 ml mielieblom
Deeg
• 450 g koekmeel
• 450 g witbroodmeel
• 10 ml bakpoeier
• 150 g kookvet (ons het Holsum gebruik), in blokkies gesny
• 150 g botter, in blokkies gesny
• 250 ml yskoue water
• 1 eier, liggies geklits
1 Deeg Sif die mele, bakpoeier en 1 ml sout saam. Vryf die vet en botter met jou vingerpunte in. Voeg die yskoue water stadig by en meng tot die deeg ’n bol begin vorm. Voeg nog water by indien nodig. Moenie dit te veel meng nie. Bedek en sit vir drie tot vier uur in die yskas.
2 Vulsel Verhit die olie en braai die spek en uie tot die uie sag is.
3 Voeg die vleis by en roerbraai vir twee minute. Voeg die aftreksel, bier, 2 ml varsgemaalde swartpeper, tiemie, brandrissie (as jy dit gebruik) en selderysaad by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir 1-11⁄2 uur prut of tot die vleis sag is.
4 Meng die mielieblom met ’n bietjie koue water en voeg ’n bietjie van die warm vleisaftreksel by. Roer by die vleismengsel, laat prut en roer tot verdik.
5 Wanneer jy gereed is, verdeel driekwart van die deeg in ses tot agt stukke. Rol dit uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny sirkels uit wat groot genoeg is om individuele panne te voer – dit moet groot genoeg wees sodat die deeg effens oor die kante hang. Sit die deegsirkels op ’n gevoerde bakplaat en sit vir 30 minute tot ’n uur in die yskas. Rol die res van die deeg uit en sny sirkels daaruit wat groot genoeg is om die pasteie te bedek. Sit dit ook in die yskas.
6 Smeer die pasteipanne en voer dit met die groot deegsirkels. Skep die afgekoelde vulsel daarin. Sit die kleiner deegsirkels bo-op en knyp die rande toe. Maak ’n gaatjie in die middel waardeur die stoom kan ontsnap. Verf met geklitste eier en bak vir 15 tot 20 minute of tot goudbruin.