Friday, 7 August 2015
Rysvlokkiepoeding (Rice Crispies)
Rysvlokkiepoeding (Rice Crispies)
WAT JY BENODIG:
• 110 g (125 ml) botter
• 60 g (75 ml) sagte bruinsuiker
• 250 ml melk effens verhit
• 60 g (125 ml) mieliemeel
• 125 ml rysvlokkies (Rice Crispies)
• 2 ml koeksoda
• 5 ml bakpoeier
• knippie sout
• 1 eier, geklits
MAAK SO:
1. Voorverhit die oond tot 180 ‘C (350 °F). Smeer ‘n bak met margarien.
2. Verroom die botter en die bruinsuiker saam in ’n mengbak.
3. Voeg eers die melk by, dan die mieliemeel en rysvlokkies.
4. Sif die koeksoda, bakpoeier en sout saam.
5. Voeg hierdie mengsel by die melkmengsel en roer goed. (Die mengsel Iyk maar effens snaaks.)
6. Voeg die eier by en skep uit in die oond- vaste bak.
7. Bak sowat 40 minute lank totdat die poeding gaar is. (Bedek met alumininiumfoelie indien die bokors te donker word en die poeding nog nie gaar is nie)
8. Dien op met gesmelte gouestroop waarby ’n bietjie gerasperde suurlemoenskil gevoeg is.
WENK:
Vir ’n meer spesiale geleentheid kan dit saam met hierdie brandewynsous voorgesit word.
Brandewynsous
250g (275 ml) botter
125 g (250 ml) versiersuiker
50 ml brandewyn
Verroom die botter en die versiersuiker saam. Voeg die brandewyn by en meng goed. (Die sous is meer van ’n smeer as ’n sous, maar smelt Iekker weg in die warm poeding as jy dit daarop skep.)