Thursday 13 August 2015

Roedolla se Grondboontjielekkers




Roedolla se Grondboontjielekkers

So maklik om te maak. Ek gebruik omtrent 1kg suiker n halwe margarien 250 g en 2pk gesoutegrondboontjies,  Smelt die margarien en suiker tot glad en karamelkleur voeg die grondbone by roer vinnig en gooi in platpannetjie.  Maak sommer n groot lot lekkers. My ma het dit as kinders baie gemaak vir ons. Ons het dit armmanslekkers genoem nou is die grondbone duur.  Omdat hy so vinnig set breek ek dit sommer in blokkies as dit afgekoel het.....en oppas maar vir die windjies want hy maak maar lekker moles in die maag as jy baie gelyktydig eet