Thursday, 30 July 2015

Vrugteringkoek



Vrugteringkoek
500g koekmeel
5ml bakpoeier
3 ml sout
125g botter
250ml suurmelk (250ml melk en 12.5 asyn)
250ml sultanas of droë vrugte
5ml koeksoda
2 eiers
190ml suiker
Gerasperde skil van suurlemoen
Meng koeksoda en suurmelk en plaas eenkant. Room botter en suiker en voeg geklitste eier by. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg om die beurt by die botter- en suurmelkmengsel. Voeg vrugte en suurlemoenskil by en meng deeglik. Skep in gesmeerde ringvorm en bak vir 50-60 min by 180°.
Stroop:
190ml lemoensap
30 ml botter
125ml suiker
Gerasperde skil van lemoen
Smelt alles saam in kastrol en kook 2-3 min lank. Skep oor koek en bedien warm of koud. Versier met glanskersies of gekapte neute. Skep die stroop oor die koek sodra dit uit die oond kom.