Tuesday 7 July 2015

Tamatie-en-soetrissie-salsa




Tamatie-en-soetrissie-salsa

Maak: 4-6 flesse
Bereidingstyd:
40 minute
Gaarmaaktyd:
25 minute

• 5 kg ryp tamaties, skil en pitte verwyder
• 375 ml fyngekapte ui
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 10 ml gerasperde gemmer
• 10 ml droë origanum
• 5 ml fyn komyn
• 60 ml fyngekapte vars pietersielie
• 60 ml fyngekapte vars koljander
• 50 ml fyngekapte seldery
• 1 geel soetrissie, pitte verwyder en in klein blokkies gesny
• 1 groen soetrissie, pitte verwyder en in klein blokkies gesny
• 1-4 rissies, pitte verwyder en fyngekap
• 125 ml appelasyn
• 15 ml suiker
• 50 ml tamatiepasta

1 Kap die tamaties fyn en skep dit in ’n groot kastrol. Voeg al die ander bestanddele, 8 ml sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by. Verhit dit tot kookpunt, laat dit vir vyf minute prut en haal dit dan van die plaat af.

2 Vul gesteriliseerde inmaakflesse met die tamatiemengsel. Los ’n gaping van 5 mm tussen die mengsel en die deksel en draai die deksels styf vas.

3 Sit ’n klein draadrakkie of ’n omgekeerde oondvaste bord in ’n groot kastrol. Pak die flesse op die draadrak. Voeg genoeg water by om halfpad teen die flesse op te kom. Verhit dit tot kookpunt, sit die deksel op en kook dit vir 15-20 minute na gelang van hoe groot die flesse is. Haal dit uit die kastrol en laat dit afkoel.

4 Bêre die flesse vir tot ses maande op ’n koel, donker plek. Hou dit in die yskas as jy dit eers oopgemaak het.