Friday 10 July 2015

Springmielie Idees




Marshmallow popcorn balls
1 1/4 sticks butter (1 stick = 115gr)
1 bag small marshmallows
1 tsp. vanilla...
Food coloring (your own judgment on amount)

Pop 3 large pans of popcorn. Use kitchen sink as your very large bowl (make sure clean and dry). Pour popcorn in sink.
Melt the above, stir while melting. When mixture is smooth, pour and mix into popcorn.
Put butter or small plastic bag over your hands to form the popcorn balls. Work as fast as you can. Reshape or squeeze each popcorn ball. Popcorn balls stay pretty soft.
Kleur van Springmielies
Bestandele:
500 ml suiker ( 2 k )
Geursel en kleursel
40 g margarien ( 2 E + 3 t )
75 ml water ( 6 E )
Metode:
Berei stroop van al die bestanddele deur dit in diep kastrol oor lae hitte te roer totdat dit begin kook.
Kook `n paar minute tot skuimerig.
Verwyder van hitte en voeg bereide springmielies by.
Roer vinnig deur om al die mielies met stroop te bedek. Laat afkoel en droog word. ( Genoeg vir 190 ml ) ( 3/ 4 k ) (ongespringde mielies.)
popcorn
Karamel springmielies
Bestanddele
500 g Springmielie pitte
2 ml Sout
250 ml Goue stroop
20 ml Vanielje
500 ml Ligbruin suiker
2.5 ml Koeksoda
230 g Botter
Metode
Spring mielies en keer uit in skottel. Smelt botter en voeg stroop, suiker en sout by.
Verhit tot kookpunt oor matige hitte. Kook tot sagtebal, haal af en voeg koeksoda en vanielje by. Roer goed. Gooi oor mielies en roer tot koud. Droog vir ‘n paar minute op ‘n bakplaat in die oond teen 200°C. Plaas in skottel en laat afkoel. Vryf liggies los van mekaar wanneer koud.
Popcorn Balle
Stroop:
190 ml water
190 ml goue stroop
1 kp suiker
¾ teel vanilla
¾ teel sout
60 ml botter
Metode:
Kook suiker, stroop, water, botter en sout tot kraak stadium. Voeg die vanilla by. Gooi stadig oor popcorn tot alles nat is. Smeer hande effens met botter en maak balle en steek sosatiestokkie deur voordat balle geset het. Gebruik koekkleursel om verskillende kleure volgens jou tema te maak!
Bossie Liebenberg
1k suiker.
Kwart k water
kook 5 min saam.
Gooi 1t amandel essense by.
Haal van stoof af en voeg kwart t kremetart by. Gooi DADELIK oor n klompie popcorn en roer vinnig deur.
Elize Eloff
maak "icing sugar" aan met aanmaak koeldrank na keuse, roer in klaar gespringde popcorn en meng aanhouden tot di icing droog is....hemels!d
KARAMEL springmielies
Deur: gurutotheoutdoors
Bestandele
1 kop bruinsuiker
1/2 koppie botter
1 kop stroop
1 blikkie kondensmelk
Instruksies
Al wat jy doen is, smelt al die bestanddele in ‘n kastrol oor medium-lae hitte. Sodra karamel begin kook, kook vir ongeveer twee minute, roer aanhoudend.
As jy die springmielies in mikrogolfsakke gebruik – spring mielies dadelik en gooi oor warm springmielies – Dit is genoeg om 3 sakke springmielies deeglik te dek.
Carlo Van Staden
Karamel springmielies
Bestanddele
500 g Springmielie pitte
2 ml Sout
250 ml Goue stroop
20 ml Vanielje
500 ml Ligbruin suiker
2.5 ml Koeksoda
230 g Botter
Metode
Spring mielies en keer uit in skottel. Smelt botter en voeg stroop, suiker en sout by.
Verhit tot kookpunt oor matige hitte. Kook tot sagtebal, haal af en voeg koeksoda en vanielje by. Roer goed. Gooi oor mielies en roer tot koud. Droog vir ‘n paar minute op ‘n bakplaat in die oond teen 200°C. Plaas in skottel en laat afkoel. Vryf liggies los van mekaar wanneer koud.
Carlo Van Staden
Popcorn in die mikrogolf
1/2 kop popcorn
1 tl kookolie
Groot bruinpapiersak
Paperclip wat nie silver is nie of ‘n plastiek wasgoed pennetjie.
Popcorn geursel wat jy verkies
Gooi die popcorn en die olie in die papiersak.
Vou die oopkant so 2cm om en dan weer om. Steek vas met wasgoed pennetjie of paperclip
Skud die sak lekker
Sit in mikrogolf vir 5 min. Onthou jy gaan heel moontlik die popcorn moet uithaal voor die 5 min om is. Hoe nader jy aan seevlak is hoe nader gaan jy aan die 5 minute kom, maar hier bo in die droe Kalahari kom ons maar net by 3 min uit.
Sodra die pop geluide langer as 2 s uitmekaar is behoort jou popcorn reg te wees.
Keer uit in ‘n bak en sprinkel jou geursels oor.