Wednesday 8 July 2015

Souttertjies




Souttertjies
Maak 12...
Voorbereityd 15 minute
Baktyd 35 minute

Jy benodig
4 eiers
2 koppies melk
2 eetlepels koekmeel
1 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel rooipeper
sout en swartpeper na smaak
1 groot ui, fyngekap
300 g ham, in blokkies gesny
1 koppie cheddarkaas, gerasper
’n hand vol pietersielie, gekap
So maak jy
Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n muffinpan met 12 holtes met botter of plaas papierdoppies daarin.
Klits die eiers en melk saam.
Voeg die meel, mosterdpoeier en rooipeper by en geur dit met sout en peper.
Roer die uie, ham, kaas en pietersielie daardeur.
Verdeel die mengsel tussen die muffinpan se holtes en bak vir 35 minute tot goudbruin.