Thursday 2 July 2015

PLAATKOEKIES SUIGSTOKKIES




PLAATKOEKIES SUIGSTOKKIES
Maak plaatkoekie resep aan:. Druk suigstokkie in en bak tot gaar. Bedien in staande glashouer.


MAKLIKE PLAATKOEKIES
250ml koekmeel
5ml bakpoeier
15ml suiker
Knippie sout
1 eier
30ml olie
90ml melk
60ml water
METODE:
Sif droe bestanddele - sit suiker by
Klits eier liggies. Voeg alle vloeistof by eier.
Gooi by meelmengsel. Klits (nie te veel nie, net tot gemeng)
Bak lepels vol in pan.
Wanneer borrels bo-op vorm, draai plaatkoekie om

Vir iets anders probeer die volgende:
KLEURE
*Wit is die basiese resep

*Sjokolade basiese resep met so 2 eetlepel kakao
*Pienk: sjokolade resep met so 2 eetlepels rooi voedselkleursel