Tuesday, 28 July 2015

Gehekelde mes-oortreksel




Gehekelde mes-oortreksel

Jy benodig
• no. 8-hekelgare
• 1,5 mm-hekelpen

Afkortings
gls       glipsteek
her      herhaal
kb        kortbeen
ks        kettingsteek
lb         langbeen

So hekel jy
1
Begin met 5 ks-sirkel.

2 Hekel 12 lb in ring, las met gls in 1e lb. Slaan elke 2e lb oor, hekel 3 lb-trossie (=hekel 3 lb in dieselfde lb, maar met laaste lus van elke lb op pen, hekel al drie lusse tesame van pen) en 1 ks. Daar is dan 6 x 3 lb-trossies in die rondte met 1 ks tussen elke trossie. Las rondte met ’n gls in 1e trossie.

3 Hekel ’n trossie in elke 1 ks-spasie. Daar is in elke rondte 6 trossies met 1 ks tussenin. Hekel in die rondte, moenie die werk draai nie en las elke rondte met ’n gls in 1e trossie.

4 Hekel omtrent 16 rondtes (of dielengte van die mes).

5 Hekel 18 kb oor laaste rondte. Heg af en werk los garepunte weg.