20 minute-gnocchi met hoenderlewer
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.
250 g hoenderlewer, skoongemaak
30 g botter
400 g blik kersietamaties
’n hand vol basilie, grof gekap
45 ml (3 e) songedroogdetamatie-pesto
2 takkies roosmaryn
’n knippie suiker
sout en vars gemaalde peper
500 g gnocchi, gekook volgens die aanwysings op die verpakking
- Braai die lewer in die botter tot bruin en amper gaar. Voeg die tamaties, basilie, pesto en roosmaryn by.
- Laat prut tot die sous dik is.
- Geur met die suiker, sout en vars gemaalde peper en roer die gnocchi in. Sit warm voor.