Friday, 12 June 2015
Vadersdag Cupcakes
'n Lekker manier om vir pa/oupa te bederf (foto geleen)
MAKLIKE CUPCAKE-RESEP...
3 k bruismeel
1 k sagte botter
1 1/2 k suiker
1 k koue water
1/4 teelepel sout
3 eiers
1 t vanilla geursel
METODE:
Verhit oond tot 180 C.
Sit 36 papierhouertjies in kolwyntjie panne.
Klits die sagte botter en voeg die suiker by. Klits goed. Voeg die eiers een vir een by en klits goed elke keer. Voeg water en vanilla by.
Sif die meel en sout en meng by. Skep n eetlepel vol in elke houertjie.
Bak vir 15 minute.
Laat afkoel en versier met roomversiersel of karamel.