Stadig gekookte vark met aartappels
Genoeg vir 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 3 uur
Vark
1 kg varkbraaistuk
2 uie, grof gekap
400 g gekapte tamaties
5 ml (1 t) tamatiepasta
4 knoffelhuisies, heel fyn gedruk
30 ml (2 e) sojasous
15 ml (1 e) paprika
30 ml (2 e) suiker
sout en peper
Aartappels
30 ml (2 e) olie
3 aartappels, in blokkies gesny
3 cm vars gemmer
sout en peper
2,5 ml (½ t) borrie
1 ml (¼ t) brandrissiepoeier
1 ml (¼ t) paprika
125 ml (½ k) water
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Vark: Plaas al die bestanddele in ’n roosterpan. Voeg 400 ml water by en bedek met foelie.
- Plaas in die oond en laat braai 3 uur of tot die vleis sag is en maklik uitmekaartrek.
- Versnipper die vark met twee vurke en sit terug in die sous. Pas die geursel van die sous aan indien nodig.
- Aartappels: Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die aartappels en gemmer by en soteer tot die aartappels effens verbruin.
- Meng die sout en peper, borrie, brandrissie en paprika in en soteer 5 min.
- Voeg die water by, bedek en laat dit prut tot sag. Sit voor saam met die versnipperde vark.