Monday, 8 June 2015

SJOKOLADE FUDGE KOEK




SJOKOLADE FUDGE KOEK
2 k koekmeel
4 t bakpoeier...
2 k suiker
1 k kakaopoeier
200 g sagte botter


3 eiers
1 k melk
125 ml sonneblom olie
¼ t sout
METODE:
Voorverhit oond na 180°C
Smeer 2 ronde koek panne
Meng alle bestandele saam in ‘n mengbak
Klits goed deur deel die deeg in 2 panne en bak vir 30 min tot gaar
Rus 5 min en keer dit uit sodat dit heeltemal kan afkoel en versier in die middel en bo-oor met volgende versiersel
METODE 2
Gooi in 315 ml room in kastrol en laat warm word, nie kook
Voeg by 200 g sjokolade, in blokkies gebreek
1 t stroop
knippie sout
1 t vanilla essens
Koel af en versier koek sprinkel gekapte neute oor as verkies of gebreekte peppermint crisp

Dames ek het gou gaan goolge vir nog sjokolade fudge koeke, hier is die terugvoering oor hulle sjokolade topping:

Bo-laag

125 ml room
200 g donkersjokolade, fyngekap
125 g bessies van jou keuse
Bo-laag Verhit room tot kookpunt en gooi oor fyngekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Skep sjokolademengsel oor koek en pak frambose bo-op. Laat stol sjokolade en sit voor.

Versiersel
225 g donkersjokolade
188 ml room
100 g (125 ml) suiker
15 ml gouestroop
45 ml water
300 g suiker
55 g koekmeel
15 g kakao
500 ml melk
225 g botter, baie sag
5 ml vanielje-ekstrak

Breek die sjokolade in groot stukke en plaas in ’n hittebestande bak. Verhit die room oor matige hitte tot net onder kookpunt en hou warm. Plaas die 100 g suiker, gouestroop en water in ’n pan en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos het. Bring tot kookpunt oor hoë hitte sonder om die suiker te roer en kook tot die karamel goudbruin is. Voeg die warm room by die karamel en meng. Giet die karamel oor die sjokolade, laat staan vir 1 minuut en roer stadig totdat die sjokolade gesmelt is. Laat staan eenkant om af te koel. Meng die 300 g suiker, meel en kakao in ’n kastrol. Voeg die melk by en bring tot kookpunt oor matige hitte tot dit verdik en die meel uitgekook is. Roer aanhoudend sodat die mengsel nie aanbrand nie. Verwyder van hitte en giet in die bak van ’n elektriese klitser. Klits op hoë spoed tot heeltemal koud – roer af en toe met ’n plastiekspatel. Jy kan ’n klam kombuisvadoek om die bodem van die bak plaas om die mengsel vinniger te laat afkoel. Voeg die sagte botter geleidelik by die melkmengsel en klits totdat dit dik is. Voeg die vanielje-ekstrak en afgekoelde sjokolade by en klits goed tot dik en lig. Die versiersel kan verkoel word indien nodig. Meng dit weer goed met ’n plastiekspatel om dit glad te maak.

Botterversiersel

500 g sagte botter
650 g versiersuiker, gesif
45 ml kakaopoeier
10 ml vanieljegeursel
Botterversiersel: Room botter in elektriese menger tot lig en romerig. Voeg versiersuiker, kakao en vanielje by. Meng goed. Plaas eerste laag koek op bord. Skep helfte van versiersel bo-op en versprei eweredig met slaplemmes. Plaas tweede laag koek bo-op en smeer met res van versiersel. Sit voor.

Gooi in 315 ml room in kastrol en laat warm word, nie kook
Voeg by 200 g sjokolade, in blokkies gebreek
1 t stroop
knippie sout
1 t vanilla essens
Koel af en versier koek sprinkel gekapte neute oor as verkies of gebreekte peppermint crisp