Thursday 18 June 2015

Sjinese soet-suur hoender



Sjinese soet-suur hoender

 

Deur: Nina Timm
 
Bestanddele
1 kg ontbeende hoenderborsies, in klein stukkies gesny (of 1½ kg hoenderstukke  - ek gebruik boudjies en dye)
sout en peper
250 ml Maizeina
2 - 3 eiers
375 ml olie
Sous
250 ml suiker
175 ml ryswynasyn, of witwynasyn
100 ml tamatiesous
25 ml sojasous
1 duimgrootte stuk gemmer, gerasper
2 knoffelhuisies, gerasper
sap van 1 lemmetjie

Metode
Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.
Geur die hoender met sout en peper.
Plaas mielieblom in 'n plastieksak en voeg die hoender by.
Maak die sak toe en skud dit totdat al die hoenderstukke bedek is met die mielieblom.
Klits die eier in 'n bakkie en gooi die hoenderstukke daarin, en meng om al die hoenderstukke met eier te bedek.
Verhit die olie in 'n pan of wok en braai die hoenderstukke totdat dit begin verkleur. (Die hoender hoef nie gaar te wees nie omdat dit nog gaan kook in die oond)
Plaas die hoender in 'n oondbak.
Meng al die bestanddele vir die sous, en giet dit oor die hoender.
Plaas dit in die oond en bak vir sowat 1 uur.
Draai elke nou en dan die hoender om sodat dit aan alle kante bedek is met die heerlike taai soet-suur sous.