Thursday, 11 June 2015

SAMPIOEN & LAM SKENKELS




SAMPIOEN & LAM SKENKELS
1½ kg lamskenkels, oortollige vet verwyder
450g sampioene, gewas en gehalveer
1 blikkie fyn tamaties, met sappe...
2 wortels, gekap
2 selderystingels, gekap
1 ui, gekap
1 klein rooi soetrissie, gesny

4 knoffelhuisies, fyn
½ koppie vleis sous
⅓ koppie rooiwyn
3 eetlepels tamatiepasta
1 teel suiker
¾ teel fyngedrukte droë roosmaryn
½ teel kaneel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
pietersielie, om te garneer
Sit uie, sampioene, soetrissie, wortels en seldery op die bodem van 'n 3-4 liter slow cooker.
Voeg tamaties (met sap), tamatiepasta, knoffel, roosmaryn, kaneel, suiker, sout en peper by.
Geur lamskenkels en plaas bo-op die ander bestanddele. Gooi vleis sous en wyn oor.
Bedek en kook oor lae hitte vir 8 ure.
Garneer met pietersielie.