Tuesday 2 June 2015

OMELETTE MET MAALVLEIS




OMELETTE MET MAALVLEIS
4 porsies
Bestanddele
Maalvleis
bietjie olie
1 ui, fyngekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
500 g beesmaalvleis
30 ml (2 e) tamatiepasta
30 ml (2 e) blatjang
 sout en peper na smaak
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
Omelette
8 ekstragroot eiers
45 ml (3 e) volroommelk
 knypie sout en peper
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper

Metode
1 Maalvleis Verhit olie en soteer ui en pietersielie tot ui sag is.
2 Voeg maalvleis by en soteer tot gaar.
3 Roer tamatiepasta, blatjang, sout en peper by.
4 Roer soetrissie by en prut oor lae hitte vir vyf minute. Plaas kastrol se deksel op. Hou warm.
5 Omelette Klits eiers, melk, sout en peper saam.
6 Verhit braaipan met net bietjie olie daarin. Giet ongeveer ¼ van eiermengsel daarin.
7 Wanneer omelet aan onderkant begin stol, kan dit vir nog twee minute op warm stoofplaat bak tot heeltemal gestol.
8 Hou omelet warm in oond terwyl ander omelette gemaak word.
9 Skep maalvleismengsel op een helfte van omelet. Sprinkel kaas bo-oor en vou ander helfte bo-oor.
10 Sit warm voor.