Friday 26 June 2015

Milo-Koekies



Milo-Koekies
Beslag:
300ml witsuiker
300ml bruinsuiker
3 eiers
350g sagte margarine
1 liter bruismeel (1 liter = 4 S.A. koppies ( teekoppies)
375ml Milo
5ml vanieljegeursel

Vulsel:
250ml suiker
115g margarine
75ml melk
30ml Milo
30ml kookwater

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 grade.

Smeer 'n bakplaat.

Klits die wit-en bruinsuiker en die eiers saam.  Roer die margarine by en meng goed.  Voeg die bruismeel, milo en vanieljegeursel by en meng baie goed tot 'n sagte deeg.  Rol in klein balletjies en plaas op die voorbereide bakplaat, nie te na aan mekaar nie.  Druk effe plat en bak 10 - 25 minute.  Laat afkoel.

Om vulsel te maak:

Giet die suiker, margarine en melk in 'n kastrol.  Meng die milo met die kookwater en voeg by.  Meng goed en kook vining vir 5 minute.  Haal van die stoof af en klop tot styf en koud.  Smeer die vulsel op die milo koekie en plak opmekaar.