Wednesday 17 June 2015

Kaas-en-groente-pastei



Kaas-en-groente-pastei
Genoeg vir 6
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 20 min.
500 g skilferkorsdeeg
VULSEL
1 kg roostergroentemengsel, gerooster
2 knoffelhuisies, fyngekap
6 takkies tiemie
300 g mozzarella, in blokkies gesny
’n hand vol spinasie, gekap
sout en peper
1 eier, liggies geklits
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n koekpan.
  1. Rol die helfte van die deeg uit om ’n 30 cm-sirkel te vorm en plaas dit op die bakplaat.
  2. Vulsel: Strooi die groentemengsel egalig bo-oor. Bestrooi met die knoffel, tiemie, mozzarella, spinasie en geursel.
  3. Rol die ander helfte van die deeg in ’n 35 cm-sirkel uit en plaas bo-op. Verf die rande van albei deegsirksels met eier en knyp of draai dit rondom vas om die pastei te verseël.
  4. Verf die bokant met eier en sny verskeie kepe bo in die deeg om die stoom te laat ontsnap. Bak 20 min. of tot goudbruin en bros. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Sny in wiggies en sit warm voor.