Thursday, 25 June 2015
Brekvis-pie
Brekvis-pie
1 rol skilferkors deeg
1 pakkie spekvleis, opgesny in stukke en liggies bruin gebraai
1 middelslag ui, rou en fyn gekap
1 soet groenrissie fyn repies gesny
1 pakkie sampioene – opgekap in kwarte en liggies saam spek gebraai
1 kop gladde maaskaas
100 ml room
6 groot eiers
2 el tamatie puree
halwe koppie cheddar – gerasper
sout en vars gemaalde swart peper
bietjie botter
Voorverhit oond na 200 C
Smeer oondpan liggies met botter, sprinkel met koekmeel
Rol ontvriesde skilferkors oop en plaas plat op oondpan oppervlak, prik met vurk hier en daar, en smeer met tamatie puree, dan geroomde maaskaas eweredig oor, sprinkel gerasperde kaas oor.
Versprei spek en sampioen braai eweredig oor deeg
Sprinkel oral met fyn ui, en soet groen rissie
Bedrup room oral oor en bak by voorverhitte oond vir 10 min
Haal vinnig uit oond, maak deur toe en breek 6 heel rou eiers versigtig, ewe ver van mekaar af, bo-op spek en uie vulsel , stip met bietjie botter, geur met sout en swart peper.
Plaas terug in oond en bak vir 15 min tot eier gestol of na smaak is en pasteikors mooi gaar.