Tuesday 16 June 2015

Bak koekies met ’n sjokolade-lagie




Bak koekies met ’n sjokolade-lagie

Maak: omtrent 30 koekies
Bereidingstyd:
30 minute
Baktyd:
10-15 minute
Oondtemperatuur:
180 °C

Koekies
• 500 ml (275 g) koekmeel
• 500 ml (160 g) hawermout
• 500 ml (155 g) droë klapper
• 250 ml suiker
• 60 ml (20 g) kakaopoeier
• 10 ml bakpoeier
• 370 ml (340 g) volvet-margarien (of helfte botter, helfte margarien)
• 10 ml vanieljegeursel

Versiersel
• 500 ml (260 g) versiersuiker
• 30 ml kakaopoeier
• 10 ml botter

1 Koekies Meng die droë bestanddele en ’n knippie sout saam. Smelt die margarien en roer dit saam met die vanielje by die droë bestanddele in.
Cookies-Step-1

2 Gooi die mengsel in ’n gesmeerde bakplaat en druk dit met die agterkant van ’n lepel of die palm van jou hand plat.
Cookies-Step-2

3 Prik die mengsel oraloor met ’n vurk. Bak vir 10 tot 15 minute in die verhitte oond. Moenie die koekies te lank in die oond los nie, want dit sal brand.
Cookies-Step-3

4 Versiersel Sif die versiersuiker en kakaopoeier saam. Voeg die botter en ’n bietjie kookwater by. Roer tot die botter smelt en jy ’n gladde, smeerbare mengsel het wat nie te loperig is nie.
Cookies-Step-4

5 Gooi die versiersel oor die koekies sodra dit uit die oond kom.
Cookies-Step-5

6 Smeer die versiersel oor die koekies en laat effens afkoel. Sny die koekies in vierkante of reghoeke terwyl dit nog warm is. Laat heeltemal afkoel en stol voor jy dit uit die bakplaat haal.
Cookies-Step-6