Tuesday 30 June 2015

Agt-Lepel-Poeding



Agt-Lepel-Poeding
~ Hierdie is ietsie anders en klink maklik genoeg...en die plus punt, jy kan dit nog vries ook......dit klink amper iets soos 'n malvapoeding/...Jan Ellis poeding......
8 gelykvol eetlepels margarien
8 gelykvol eetlepels appelkooskonfyt
8 hoogvol eetlepels koekmeelblom
8 gelykvol eetlepels suiker
10 ml koeksoda
500ml melk
1. Smelt margarien en konfyt oor lae hitte in ‘n kastrol.
2. Meng koekmeel en suiker.
3. Los koeksoda in melk op en meng met droe bestanddele.
4. Voeg gesmelte margarien en konfyt by.
5. Roer om goed te meng.
6. Die mengsel is loperig.
7. Gooi in ‘n gesmeerde bak, sit deksel op en bak in voorverhitte oond van 180C tot bruin.
8. Die poeding is ook baie geskik vir bevriesing