Thursday 18 June 2015

3 lekker plaatkoekieresepte




3 lekker plaatkoekieresepte
Basiese Plaatkoekies
250ml koekmeel...
5ml bakpoeier
15ml suiker
Knippie sout
1 eier
30ml olie
90ml melk
60ml water

METODE:
Sif droe bestanddele - sit suiker by
Klits eier liggies. Voeg alle vloeistof by eier.
Gooi by meelmengsel. Klits (nie te veel nie, net tot gemeng)
Bak lepels vol in pan.
Wanneer borrels bo-op vorm, draai plaatkoekie om
1. AARBEIE EN AMANDELS
Roer ¼ koppie amandelvlokkies en ¼ t amandelgeursel by die beslag.
Sit voor met vars aarbeie, versiersuiker en amandelvlokkies.
2. DUBBEL-SJOKOLADE
Roer ⅓ koppie sjokoladesplinters en 2 e kakao by die beslag.
Rond af met geklopte room en sjokoladesous en -splinters.
3. SPEK-EN-MIELIES
Roer 3 repies gaar, fyngekapte spek en ½ koppie mieliepitte by die beslag.
Bedruip met stroop en sit voor met spek en mieliepitte.