Tuesday 5 May 2015

Vulsel van hoender, mayonnaise en pikantrissies




Vulsel van hoender, mayonnaise en pikantrissies
Genoeg vir 4 mense....
4 medium hoenderborsfilette
5 ml hoenderaftrekselpoeier
water
20 ml pikantrissies ( peppadews)
15 ml suurlemoensap
60 - 80 ml mayonnaise
sout en peper na smaak
Vir die kaassous:
30 ml botter
30 ml meel
250 ml melk
200 ml kaas
Plaas die hoenderborsies in ’n plat, mikrogolfbestande bak met ’n deksel.
Strooi die hoenderaftrekselpoeier oor en genoeg water om die vleis net-net te bedek.
Sit die deksel skuins op die bak (moet dit nie heeltemal toemaak nie sodat stoom kan ontsnap) en mikrogolf op hoog vir ongeveer 10 minute totdat die hoender gaar is.
Laat die vleis effens afkoel en sit dan in ’n voedselverwerker.
Voeg ’n bietjie van die aftreksel waarin jy die hoender gaargemaak het, die pikantrissies, suurlemoensap en mayonnaise by.
Verwerk vir ’n paar sekondes en proe. Geur met sout en peper na smaak (voeg pikantrissies of mayonnaise na smaak by).
Maak die kaassous:
Smelt die botter in ’n kastrol, voeg die meel by en roer vir ’n minuut.
Voeg die melk geleidelik by en roer totdat ’n gladde sous gevorm word.
Voeg die helfte van die kaas by.
Vul die pannekoeke met die hoendervulsel, gooi die kaassous oor en strooi die res van die kaas oor.
Plaas vir ’n paar minute onder die roosterelement om die kaas te laat smelt.
Bedien met slaai.
Wees kreatief en vul met gesnyde piesang en karamel kondensmelk vir ‘n nagereg!