Monday 18 May 2015

Vark-en-pampoenbredie




Vark-en-pampoenbredie
Genoeg vir: 4...
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute

• 30 ml botter
• 1 ui, gekap
• 25 ml gegeurde meel
• 300 g varknek of -filet, in klein blokkies gesny
• 500 g pampoen, in klein blokkies gesny
• 1 groot aartappel, geskil en in klein blokkies gesny
• 1 blik gekapte tamaties
• 250 ml hoenderaftreksel
• 50 ml droë witwyn (of nog aftreksel)
• 5 ml vars tiemie (of 2 ml gedroog), plus ekstra vir garnering
• gaar witrys om voor te sit
1 Verhit die botter en soteer die ui tot sag. Skep uit en hou eenkant.
2 Sprinkel die meel oor die vleis. Verhoog die hitte en braai die vleis goed bruin.
3 Skep die uie terug in die kastrol saam met die res van die bestanddele. Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat prut vir 25 minute of tot die groente gaar is. Voeg ’n bietjie water by indien nodig. Geur na smaak en sit voor met rys.