Thursday 21 May 2015

Tamatie Spaghetti




Tamatie Spaghetti
Genoeg vir 4 mense
 Bereiding: 15 minute
 Gaarmaaktyd: 12 minute
200 g babatamaties
 6 takkies origanum, blare van takkies gestroop
 1 bakkie basilieblare, geskeur
 2 ml (½ t) brandrissieolie
 goeie skeut olyfolie
 hand vol gerasperde parmesaan
 500 g pasta soos spaghetti
 groot klont botter
 6-8 knoffelhuisies, fyn gekap
 1 bottel gekoopte Napolitanatamatiesous
 sout en peper na smaak
 ekstra basilieblare en parmesaankaasskaafsels vir bo-oor
Meng die tamaties, kruie, olie en gerasperde parmesaankaas in ’n mengbak en hou eenkant.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
Dreineer.
Terwyl die pasta kook, verhit die botter in ’n pan en roerbraai die knoffel 1-2 minute oor matige hitte.
Voeg die Napolitana-sous by en verhit tot net warm.
Verwyder van die hitte en roer die vars tamatiemengsel deur die Napolitana-sous.
Geur met sout en peper.
Meng deur die pasta, giet nog ’n skeut olyfolie by en rond af met die basilie en parmesaan.
Sit dadelik voor.