Friday 15 May 2015

PIESANG EN WORTELKOEK



PIESANG EN WORTELKOEK
250 ml suiker
250 ml olie
3 eiers
375 ml meel...
10ml bakpoeier
20ml kaneel

8ml koeksoda aangemaak met bietjie melk
250 ml piesangs (dit is so 3 piesangs) fyngedruk
250ml grof gerasperde wortels
125 gram gekapte neute
Versiersel:
Verroom
110 ml ml botter en 375 ml versiersuiker
Roer by 100ml room maaskaas en 8 ml vanilje
Verroom suiker, olie en eiers
Voeg by meel, bakpoeier, kaneel en koeksoda
Meng piesangs, wortels en neute by
Bak vir 25-30 min by 180 grade
Laat heeltemal afkoel en smeer versiersuiker bo-oor.