Monday, 25 May 2015

Nellie se Spurbroodjie




Nellie se Spurbroodjie
(www.foodloversrecipes.com)
Bestanddele:
1 liter kookwater...
125 ml bruinsuiker
4 x 250ml semels
500 ml koekmeelblom
500 ml volkoringmeel
5 ml sout


5 ml bakpoeier
250 ml droëvrugtekoekmengsel
250 ml sonneblomsaad
10 ml koeksoda opgelos in 25 ml water.
Metode:
Voorverhit jou oond tot 180 °C. Spuit twee broodpanne van 21 x 11 x 7 cm (of wat jy het) met kleefwerende middel. Giet die kookwater oor die bruinsuiker en roer tot dit opgelos is. Voeg die semels by en laat afkoel. Meng die res van die bestanddele saam en giet die semelmengsel by. Meng goed deur en skep in die voorbereide panne. Bak vir 1 uur lank of tot gaar. Bedek die brood na sowat 20 minute met tinfoelie sodat dit nie bo-op te donker word nie. Keer uit op 'n draadrakkie en laat afkoel. Dien op saam met lekker vars botter en geniet. As jy die standaardpanne soos hierbo gebruik, sal die beslag genoeg wees om twee mooi broodjies te bak...