Friday 22 May 2015

Mieliebrood




Mieliebrood
Jy het nodig vir 1 brood:...
• 125 ml suiker
• 500 ml koekmeel
• 15 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 1 blikkie geroomde mielies

• 3 eiers, geklits
Meng die droë bestanddele en verseël dit in ’n toeritssakkie.
Voeg die geroomde mielies en geklitste eiers by en meng deur.
Smeer ’n klein ysterpot goed met botter, sit die deeg daarin en bak oor matige kole tot gaar. Dit sal tussen 45 minute en 1 uur duur. Onthou om ’n paar kole op die deksel te sit. As die brood teen die einde van die kooktyd ’n bietjie bleek lyk, bak dit nog ’n paar minute met nuwe kole op die deksel