Thursday 14 May 2015

HERFSGROENTE EN SPEK SOP




HERFSGROENTE EN SPEK SOP
Genoeg vir:
6-8
Bereidingstyd:
30 minute
Gaarmaaktyd:
30 minute
250 g swoerdlose strepiespek, gekap
4 preie, gesny
2 selderystingels, gesny
1,25 liter hoenderaftreksel
500 ml elk wortel-, botterskorsie- en patatblokkies
125 ml room
30 ml gekerfde vars grasuie
5 ml suurlemoensap
METODE:
Braai die spek in ’n groot kastrol oor lae hitte.
Skep die helfte uit sodra dit gaar is en hou dit eenkant.
Voeg die preie en seldery by die spek in die kastrol en soteer dit vir twee minute. Voeg die hoenderaftreksel by en laat dit kook.
Voeg die groente by en stel die hitte laer sodat dit prut.
Sit die deksel op en laat dit vir 15 tot 20 minute prut tot die groente sag is.
Skep ’n derde van die groente uit en maak dit met ’n handmenger of voedselverwerker fyn tot glad. Skep dit terug in die kastrol.
Roer die room en die helfte van die grasuie by en geur dit met sout, swartpeper en ’n paar druppels suurlemoensap.
Strooi die spek oor wat eenkant ge- hou is, asook die grasuie