Friday 29 May 2015

DIE PAARLBERG-POT







DIE PAARLBERG-POT
Bestanddele (vir 8 tot 10)  
Vleis
1 kg skaapskenkels
½ kg skaapnek
½ kg skaapdunrib
12 skaapstertjies

Groente
2 groot uie, fyn gekap
300 g sampioene
3 bakhande vol gekerfde groenbone
2 groot tamaties, in kwarte gesny
1 groen soetrissie, grof gekap
5 wortels, gesny
3 koppies groenertjies
2 selderystingels, gesny
1 groot raap, in ringe gesny
6 vlapampoentjies, in kwarte gesny
2 hande vol pietersielie, fyn gekap
10 klein aartappels, heel en geskil
Geurmiddels
½ glas droë witwyn
8 heel naeltjies
10 wonderpeperkorreltjies
½ teelepel sout
½ teelepel grofgemaalde swartpeper
1 kaneelstokkie
1 klein rooi brandrissie
4 knoffelhuisies, fyn gekap
'n paar takkies vars tiemie

Braai die skaapstertjies in ’n bietjie olie in die pot.
Sodra die vet uit die sterte kom, voeg die res van die vleis by en braai dit totdat dit bruin word.
Voeg al die geurmiddels by die vleis en braai alles saam vir ’n halfuur.
As dinge droog begin lyk, kan jy water of wyn bygooi.
Jou vleis moet in ’n sousie swem.
Ná ’n halfuur pak jy die groente bo-op die vleis, in die volgorde soos dit genoem word.
Die pot word nie nou geroer nie.
Laat hom vir sowat twee uur prut.
Hou die pot toe, maar skuif die deksel elke halfuur vir 5 minute half-oop sodat die rook die kos kan geur.
Roer die pot net voor bediening één keer voordat jy dit met rys voorsit.
Kultuur het nog nooit so lekker gesmaak nie.