Monday 25 May 2015

Brei 'n kombers




Aangesien julle nou aan die brei is, kyk net hierdie oulike kombers wat in die Keur is.

Wat het jy nodig?
• Gebruik enige oorskietbreidraad wat jy het. Die breidraad op die foto is ELLE FAMILY KNIT DK in White, Violet, Turquoise en Coral ...
• Daar kom ongeveer tien seshoeke uit een 50 g-bal
• 4-mm naalde

Brei-inligting
Brei stroke seshoeke so lank as wat jy dit verkies en werk dit aanmekaar.
Afkortings
r – regs
rs – reksteek
ste – steke
vmeer – vermeerder
vmin – verminder
Aanwysings
Vir ’n ry wat met ’n volledige seshoek begin
Stel 8 ste op.
*Vlg ry: r.
Werk 10 rye rs en vmeer 1 st aan begin van elke ry. 18 ste.
R 2 rye.
Werk 10 rye, vmin 1 st aan beg van elke ry. 8 ste.
Vlg ry: r.*
Herh van * tot * met volgende kleur soos verkies en gaan voort tot so lank jy kombers wil hê.
Vir ry wat met halwe blokkie begin
Stel 18 ste op.
Vlg ry: r.
Werk 10 rye rs, vmin 1 st aan begin van elke ry. 8 ste.
Vlg ry: r.
Werk van * tot * tot verlangde lengte en eindig met halwe blokkie soos volg:
Vlg ry: r.
Brei 10 rye, vmeer 1 st aan begin van elke ry. 18 ste.
Heg af.
Om te voltooi
Werk stroke aan mekaar.