Friday 10 April 2015

Vrugte-karamelroomtert




Vrugte-karamelroomtert
LEWER 1 BROODJIE VAN 30 CM
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: 2-3 uur
500 ml (2 k) room, verkoel...
2 blikke (360 g elk) karamelkondensmelk
2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies
500 g verskeidenheid vars vrugte en bessies
skyfies vars vrugte soos kiwivrugte

Voer ’n middelslag-broodpan met kleefplastiek uit.
1. Klits die room tot styf en voeg die karamelkondensmelk by. Klits goed.
2. Plaas ’n laag beskuitjies in die broodpan. Sny die beskuitjies om te pas indien nodig. Smeer ’n laag roommengsel bo-op gevolg deur ’n laag vars vrugte en bessies. Herhaal die lae tot al die bestanddele gebruik is.
3. Plaas die tert 2-3 uur in die vrieskas om te stol.
4. Keer die tert op ’n dienbord uit, verwyder die kleefplastiek en versier met skyfies vars vrugte.