Thursday 30 April 2015

STYWEPAP MET TAMATIE EN UIESMOOR



STYWEPAP MET TAMATIE EN UIESMOOR
Bestandele:
1 liter water
12.5ml sout...
750ml mieliemeel
12.5ml botter
10ml olyfolie

Kook water en voeg dan sout by. Roer met ‘n vurk(nie ‘n lepel nie) genoeg mieliemeel in om mengsel taamlik dik te maak. Voeg botter en olyfolie by. Vou goed in. Sit deksel op en laat stoom ongeveer ½ uur oor lae hitte tot gaar. Moenie die deksel te dikwels oplig nie, aangesien dit sal maak dat die pap nie rys nie.
TAMATIE EN UIESMOOR
Bestandele:
1.5 kg tamaties, geskil, in kwarte gesny
45ml sonneblomolie
6 medium uie, fyngekap
60ml vars pietersielie, fyn gekap
10ml bruinsuiker
5ml sout
5ml varsgemaalde swartpeper
Plaas tamaties in ‘n groot kastrol en prut oor lae hitte tot sag en pulpagtig. Verhit intussen olie in ‘n braaipan en soteer uie en pietersielie oor lae hitte tot uie deurskynend is. Roer gaar tamaties, suiker, sout en peper by, bedek deeglik en prut 10-15 minute.
Bedien met bruingebraaide wors of varktjoppies of lekker lamstjop
Radio Vryheid