Thursday 9 April 2015

Pasteirol




Pasteirol
LEWER 2 ROLLE
Bereiding: 15 min.
Baktyd: 35 min....
200 g skilferkorsdeeg
125 g lewersmeer
400 g lams- of varkwors, uitgedruk
375 ml (1½ k) sterk cheddarkaas, gerasper
1 eiergeel, met ’n bietjie melk gemeng

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n bakplaat.
1. Rol die deeg effens dunner uit.
2. Smeer die lewersmeer oor die deeg.
3. Druk die worsvleis uit en versprei met ’n vurk oor die lewersmeer.
4. Sprinkel die kaas oor. Rol die deeg op en druk die kante toe.
5. Plaas op die bakplaat en verf met die eiergeelmengsel.
6. Bak sowat 35 minute of tot die deeg goudbruin en effens uitgepof en gaar is.