Wednesday 22 April 2015

NO BAKE OREO COOKIE POPS




NO BAKE OREO COOKIE POPS
 Wat het jy nodig:
18 oreo koekies...
halwe koppie roomkaas
1 en n halwe koppie sjokolade (gesmelt)
1 eetlepel olie


versiersel soos neute, 100's &1000's
Lee boks waarin jy gaatjies gedruk het
In jou voedsel verwerker, plaas die oreo koekies en maak fyn.
Voeg jou roomkaas by en meng weer,maak seker daar is nie meer groot stukke koekies nie.
Rol nou jou mengsel in balletjies , maak seker jy rol dit lekker kompak en plaas op n stokkie.
Plaas op bakplaat en vries vir so 30 minute.
Smelt jou sjokolade en olie in die mikrogolf vir 30sekonde op n slag , roer tussen die poses totdat jou sjokolade mooi gesmelt het.
Druk jou balletjies nou in die sous en versier met verskillende tipe variasies en plaas binne in 'n boks waarin jy gaatjies gedruk het sodat jou pop nie omval nie.
Plaas in yskas tot heeltemal afgekoel het