Thursday, 16 April 2015

Murray se onderstebo lemoen-en-pynappelkoek




Murray se onderstebo lemoen-en-pynappelkoek

Bestanddele

Koek
125 g botter
2 eiers
2 koppies meel
1 teelepel koeksoda
1 ml sout
1 koppie suiker
gerasperde skil van 1 Lemoen
1 koppie suurroom
1 koppie fyngesnyde dadels
1 blik pynappelskywe (sowat 8 skywe)
Stroop
150 ml lemoensap
100 ml suiker
50 ml lemoenlikeur (Cointreau)

Instruksies


Koek
  • Voorverhit die oond tot 180˚C.
  • Smeer ’n 22cm losboompan.
  • Rangskik die pynappelskywe eweredig op die bodem van die pan.
  • Room die botter en suiker met ‘n elektriese menger totdat dit lig en donsig is.
  • Voeg die eiers een vir een by en meng goed.
  • Meng die koeksoda met die suurroom en voeg by.
  • Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
  • Gooi die beslag oor die pynappels in die pan en bak vir 1 uur of tot gaar.
  • Terwyl die koek nog warm is gooi die volgende stroop oor.
  • Laat die koek afkoel en keer dit versigtig onderstebo op ’n opdienbord uit.
Stroop
  • Kook die lemoensap en suiker tot ’n dikkerige stroop
  • Verwyder die stroop van die hitte af en laat effens afkoel.
  • Roer die likeur by die stroop.