Thursday 16 April 2015

Martjie se vanielje-makrolletjiekoek




Martjie se vanielje-makrolletjiekoek

 Bestanddele
Sponskoek
340g meel
30ml mielieblom
12 eiers
420g suiker
Knippie sout
140g botter, gesmelt en afgekoel
Vanielje-meringe-botterversiersel
1 k eierwit
1 3/4 k suiker
Knippie sout
450 – 500g botter, kamertemperatuur
Vanieljesaadjies van 2 peule
Frambooskonfyt
2k vars of gevriesde frambose
1k suiker
Vanieljestroop
1/2k water
1/2k suiker
Vanieljesaadjies van een peul
Makrolletjies
175g gemaalde amandels
175g versiersuiker
200g strooisuiker
150g eierwit
Kleursel

Instruksies


Sponskoek
  1. Voorverhit die oond tot 175 grade Celsius.
  2. Voer die onderkant van die koekpan met bakpapier uit, moenie die koekpan spuit of met botter smeer nie.
  3. Smelt die botter oor matige hitte en hou dit eenkant.
  4. Sif die meel en die mielieblom in mengbak en hou dit ook byderhand.
  5. Plaas pot met so 4cm water in oor matige hitte en verhit die water tot net onder kookpunt.
  6. Plaas die suiker, sout en die eiers in die mengbak van staanmenger en klits totdat dit goed gemeng is. Plaas die bak oor die pruttende water en roer aanhoudend. Die eiermengsel moet warm word en die suiker moet oplos. Toets gereeld of die mengel warm is.
  7. Sodra die mengsel baie warm is, moet die bak in die staanmenger geplaas en teen hoë spoed met die klitser geklits word.
  8. Die mengsel moet nou lig in kleur word en ten minste verdubbel in volume. Klits totdat die mengsel afgekoel het.
  9. Vou nou die meelmengsel versigtig met ń breë spaan in 3 afsonderlike kere in. Sif die meelmengsel oor die mengbak met elke toevoeging.
  10. Kry die botter en roer twee eetlepels van die eier-en meelmengsel by die botter in.
  11. Gooi dit nou weer by die ander bestanddele in die mengbak en vou goed deur sonder om te veel volume te verloor. Die mengsel moet lig, amper skuimerig en lig van kleur wees.
  12. Gooi die mengsel in die koekpanne en bak vir 45 – 50 minute.

Vanielje-meringe-botterversiersel
  1. Voeg die eierwit, suiker en sout saam in die bak van staanmenger. Plaas dit oor pot met warm water, die bak moet nie aan die water raak nie.
  2. Klits aanhoudend terwyl die bak op die pot met stadig kokende water rus. Verhit totdat die eierwitmengsel warm is (dit moet jou vinger brand). Die suiker moet opgelos wees.
  3. Plaas die bak in die staanmenger en klits teen hoë spoed totdat dit stywe en blink punte vorm.
  4. Verlaag die menger se spoed na medium en meng die botter blokkie vir blokkie by totdat die versiersel die regte punt bereik het. Sag en romerig, maar dit moet sy eie vorm kan behou. Andersins kan meer botter bygevoeg word. Wees versigtig om nie te veel botter by te sit nie.
  5. Meng die vanieljesaadjies by.

Frambooskonfyt
  1. Bring die mengsel oor matige hitte tot kookpunt en roer af en toe met ‘n houtlepel.
  2. Kook totdat die konfyt mooi dik is.

Vanieljestroop
  1. Kook die bestandele in klein potjie, roer totdat die suiker opgelos het en bring tot kookpunt.
  2. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.

Makrolletjies
    1. Meng die gemaalde amandels en versiersuiker. Maak dit fyn in voedselverwerker. Sif dit saam in ’n mengbak.
    2. Weeg 50g eierwit af en meng saam met die amandelmengsel totdat ‘n pasta vorm. Voeg vanieljesaadjies en kleursel van jou keuse by. Hou eenkant.
    3. Gooi die res van die eierwit, 100g, in die mengbak van ‘n staanmenger, klits todat sagte punte vorm.
    4. Voeg die strooisuiker by die eierwit en plaas oor ’n pot met pruttende water. Klits met ’n handklitser totdat die volume van die eierwit verdubbel en dit warm is.
    5. Plaas nou die mengbak in die staanmenger en klits teen vinnige spoed totdat die eierwit blink en baie stywe punte vorm.
    6. Vou die stywe eierwit versigtig by die amandelmengsels. Hou so aan totdat die mengsel loperig is, maar steeds dik. Die mengsel moet blink en glad loop.
    7. Plaas die mengsel in ’n spuitsakkie met ’n gewone punt en vorm perfekte ronde sirkels wat almal ewe groot is.
    8. Laat staan vir 20 – 30 minute totdat die doppies ’n droë velletjie gevorm het.
    9. Verhit nou die oond tot 125 grade Celsius en bak vir 10 – 12 minute.
Plat twee makrolletjies opmekaar met die vulsel van jou keuse.

Voltooiing van die koek
  1. Sny die koek in dun lae wat presier ewe dik is.
  2. Plaas die eerste laag op die koekbord en drup die vanieljestroop daaroor. Moenie die koek te nat maak nie.
  3. Smeer nou ’n lagie van die frambooskonfyt op die koeklaag en plaas die volgende laag presies bo-op die eerste een.
  4. Drup die vanieljestroop oor die koeklaag en smeer dan die vanielje meringue botterversiersel egalig daarop.
  5. Herhaal die proses totdat al die koeklae opgebruik is.
  6. Versier nou die hele koek met ’n dun laag van die meringue botterversiersel.
  7. Pak die makrolletjies op die koek.