Tuesday 14 April 2015

Kortpad-tamatie-frikkadelletjies



Kortpad-tamatie-frikkadelletjies
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30 min.
Genoeg vir 6 mense
450 g boerewors
30 ml (2 e) olie
4 sprietuie
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
2 x 400 g gekapte tamaties
2 lourierblare
400 g lensies
sout en swartpeper, na smaak
’n hand vol pietersielie, gekap
korserige brood vir voorsit
  1. Trek die worsvleis uit die omhulsel en rol dit met nat hande in frikkadelle so groot soos kersietamaties. Pak op ’n gesmeerde bakplaat.
  2. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die frikkadelle in sarsies tot verbruin. Haal versigtig uit die pan en plaas terug op die bakplaat.
  3. Wanneer al die frikkadelle gaar is, voeg die uie by en braai 2 minute. Roer die gemengde kruie, tamaties, lourierblare en lensies in en vul een blik met water om by die pan te voeg. Kook 8 minute, sit dan die frikkadelle terug en laat prut dit nog 10 minute.
  4. Geur met sout en peper en bestrooi dan met pietersielie. Sit voor met korserige brood om die sous mee op te vee.