Tuesday 21 April 2015

KORSLOSE TUNA-QUICHE




KORSLOSE TUNA-QUICHE
Lekker aandete, min moeite smul..
45 ml margarien / botter
30 ml koekmeelblom
250g cheddar, gerasper...
2 blikkies tuna, gedreineer
6 groot eiers
250 ml suurroom
halwe ui baie fyn gekap
30 ml vars pietersielie, gekap (opsioneel)

5 ml droë mosterdpoeier
sout en rooipeper na smaak
Metode
Voorverhit die oond tot 180 grade C.
Smeer jou tertbord met margarien
Smelt die margarien / botter in ‘n pan tot gesmelt en soteer die ui tot sag.
Roer die meelblom by die ui en verwyder van hitte.
Roer kaas en tuna by.
Klits eiers deeglik en voeg suurroom, pietersielie en geurmiddels by.
Roer goed.Voeg roommengsel by tuna mengsel en meng deeglik.
Skep in oonvaste tertbord.
Bak ongeveer 35 minute tot goudbruin.
Bedien met heerlike vars groenslaai