Thursday 9 April 2015

French Toast kebabs




French Toast kebabs
Bestanddele:
•Dag-oue piesangbrood
•3 groot eiers
•Halwe koppie melk
•1t vanielje
•’n Knypie kaneel
•Botter
•Verskeie vrugte: aarbeie, piesangs, druiwe, bloubessies, opgesny in hap-grootte stukke
•Bamboes-kebabstokkies
•Esdoringstroop
Metode:
Sny brood in 2 cm stukke en sit eenkant. Klits die eiers, melk, vanielje en kaneel saam in ’n vlak bak. Smelt botter oor ’n lae hitte in ’n pan. Doop broodstukkies in die eiermengsel en sit in vooraf verhitte pan. Braai vir ongeveer ’n minuut of tot goudbruin per kant. Ryg die broodstukkies om die beurt met die vrugtestukkies aan die kebabstokkies. Bedien met Esdoringstroop.