Wednesday 8 April 2015

Basiese Pannekoek



Basiese Pannekoek
Jy hoef nie verder te soek nie; dis die volmaakte pannekoekbeslag.  
Lewer 20
Bereiding: 5 min.
Rus: 15 min.
Gaarmaak: 45 min.
1 liter (4 k) water
5 ml (1 t) sout
250 ml (1 k) olie
20 ml (4 t) witwynasyn
8 eiers
1 liter (4 k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
10 ml (2 t) louwarm water
Kaneelsuiker
500 ml (2 k) strooisuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
  1. Meng al die beslagbestanddele saam terwyl jy goed klits om te sorg dat daar geen klonte is nie. Bedek en laat staan 15 min.
  2. Giet 5 ml (1 t) olie in ’n 20 cm kleefwerende pan en smeer met papierhanddoek om die pan te bedek. Plaas oor matige hitte. Sodra dit warm is, skep ’n lepel vol van die beslag in die pan en swaai dit rond om die bodem vinnig te bedek. Laat bak 2 min. voor jy dit omkeer en bak dan 1 min.
  3. Plaas op ’n opdienbord en hou aan met die orige beslag. Smeer die pan terwyl jy bak en pak die pannekoeke op mekaar.
  4. Kaneelsuiker: Meng die suiker en kaneel en strooi oor elke pannekoek wanneer jy dit oprol. ’n Mens kan dit ook met gesmelte sjokolade voorsit.
(Huisgenoot)