Friday 24 April 2015

AARBEI VRIESKASKOEK




AARBEI VRIESKASKOEK
 2 Koppies room
 2 eierwitte
 ½ houertjie roomkaas (by kamertemperatuur)
 2 koppies vars aarbeie
 ½ kop strooisuiker
Kors
 1 pakkie tennisbeskuitjies (fyngerol) (hou so handvol krummels uit om bo-oor te strooi, meng bietjie klapper by vir 'n variasie bo-op)
 100ml gesmelte botter
 Meng koekies en botter en druk vas in gespuite tertbak
Sny die aarbeie in stukkies
 Klits die room styf – voeg die strooisuiker bietjies gewys by terwyl jy die room klits
 Meng die roomkaas by
 Klits die eierwitte tot stywe punte en vou dit in by die mengsel
 Meng die aarbeie liggies in
Gooi bo-oor die tennisbeskuitjie kors
 Sit gladwap bo-oor en sit oornag in die vrieskas
 Omtrent ‘n uur voor jy dit wil opdien, verwyder uit vrieskas, sny in blokke en laat dit dan effe ontdooi. Dit moet half gevries bedien word.
Wenk. Druk jou mes in warm water terwyl jy die blokke sny
Indien jy nie vars aarbeie het nie, gebruik gebliktes wat goed gedreineeer is