Thursday 19 March 2015

WIKUS SE GEVULDE FILETTE




WIKUS SE GEVULDE FILETTE
1 heel beesfilet
4 e olyfolie
2 t gekapte knoffel
4 e heelkorrelmosterd
4 groot agurkies, gerasper
1 k gerasperde Cheddarkaas
½ t varsgemaalde swartpeper
1 t Aromat
2 e brandewyn
250gswoerdlose spekvleis
10 – 12 lang sosatiestokke
METODE:
Sny die filet in die lengte oop sonder om dit heeltemal deur te sny.
Vou oop en smeer dit met olyfolie en knoffel.
Meng die mosterd, agurkies, kaas, peper, aromat en brandewyn.
Gebruik dit om die filet mee te ‘vul’. Vou die filet toe, rol die spek om die vleis en steek vas met sosatiestokke wat jy regdeur die fillet steak.
Braai dit oor matige kole, tot soos jy daarvan hou (draai gereeld om).