Monday 23 March 2015

Veelsydige lasagne (vleis of vegetaries)




Veelsydige lasagna

Variasie:
 Vegetariese Lasagne: Vervang maalvleis met 250 g gekapte vars spinasie en 125 g gesnyde knopiesampioene, of met 250 g botterskorsie, pampoen, broccoli of murgpampoentjies, in kleiner stukkies gesny en liggies saam uie gebraai.

Lewer 4-6 porsies
1 hoeveelheid (sowat 500 g) lasagnevelle
 30 ml olyfolie
 500 g maer beesmaalvleis
 2 middelslag uie, grofgekap
 2 knoffelhuisies, fyngedruk
 410 g-blik gekapte, geskilde tamaties
 30 ml (1 pakkie) tamatiepasta
 5 ml suiker
 15 ml gemengde, gekapte vars kruie. of 5 ml droë, plus ekstra vir oorsprinkel
 sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Kaassous:
 60 g botter of margarien
 60 ml (35g) Snowflake-koekmeel
 625 ml melk
 375 (150 g) gerasperde cheddarkaas
 sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1. Bring soutwater tot kookpunt in ‘n swart swaarboomkastrol. Voeg pasta by en laat 3-5 minute kook. Dreineer en hou eenkant.
 2. Verhit olie in ‘n swaarboomkastrol en braai maalvleis tot dit verkleur. Voeg uie en knoffel by en soteer ‘n paar minute tot sag.
 3. Voeg tamaties, pasta, suiker, kruie en geurmiddels by. Laat sowat 5 minute prut. Verwyder van hitte en hou eenkant.
 4. Sous: Smelt botter in ‘n medium swaarboomkastrol. Voeg meel en roer by en roer 1 minuut oor lae hitte. Voeg melk by en kook oor matige hitte; klop voortdurend tot sous glad is en verdik het. Verwyder van hitte en voeg kaas en geurmiddels by. Laat effens afkoel.
 5. Skep ‘n bietjie maalvleismengsel in ‘n groot oondvaste bak. Pak die helfte van die pastavelle, maalvleismengsel en kaassous bo-op. Herhaal lae en eindig met die kaassous.
 6. Bak 30-40 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180°C. Sprinkel kruie oor en bedien.