Wednesday 11 March 2015

Uie-en-kaasbrood



Uie-en-kaasbrood

Jy kan die brood in ’n ringkoekpan of in ’n oondvaste pot bak. Sit warm voor met regte botter.
genoeg vir 6 – 8
  • koekmeel vir uitrol
  • 1 x 500 g-sakkie winkeldeeg
  • 125 g beleë cheddarkaas, gerasper
  • 4 klein rooi-uie, geskil en in kwarte gesny
  • 45 ml olyfolie
  • growwe seesout
Verhit oond tot 220 °C. Sprinkel dun lagie koekmeel op werkvlak en keer deeg daarop uit. Druk die deeg met jou hande plat tot sowat 1 cm dik. Sprinkel ²/³ van kaas oor deeg. Rol deeg op in stywe wors. Spuit ’n 30 cm-ringkoekpan of oondvaste gietysterpot met kleefwerende kossproei. Plaas deeg in rondte in koekpan. Pak uikwarte bo-op en druk effens in die deeg in. Sprinkel oorblywende kaas, olyfolie en sout oor. Laat rys vir 10 minute. Plaas in warm oond en bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en bros. Laat effens afkoel en keer uit. Sit louwarm voor.