Wednesday 4 March 2015

TEEKOPPIES




TEEKOPPIES
Gesmelte sjokolade
klein roomysbakkies wat gaan dien as die teekoppie
ronde jellie lekkers
Marie beskuitjies
Smarties
Sny die jellie lekkers middeldeur

Smeer 'n bietjie gesmelte sjokolade aan die gesnyde kante van die jellie lekker en plak dit aan die houer vas (om as die oor van die teekoppie te dien)
Plaas in yskas om te "set"
Smeer gesmelte sjokolade aan die onderkant van die "teekoppie" en plak dit vas aan die Marie beskuitjie (dit dien as die piering)
Plaas weer in yskas om hard te word
Gooi smarties in die teekoppies