Wednesday 4 March 2015

Sout Skilferkorsrol




Sout Skilferkorsrol

 

 

Bestanddele
1 skilferkors
1 pakkie spek, gesnipper
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap
1 pakkie sampioene, gekap
2 handevol spinasie, gesnipper
1 houer roomkaas met grasuie
½ koppie cheddarkaas, gerasper
½ koppie mozarellakaas, gerasper

Metode
Ontdooi skilferkors.
Rol dit uit.
Braai spek, uie, soetrissie, sampioene en spinasie tot gaar.
Dreineer die olie.
Smeer die smeerkaas oor die deeg.
Bedek met spekmengsel.
Strooi kaas oor.
Rol die skilferkors op soos 'n Swiss Roll.
Bak teen 180 grade vir 45 minute.
Sny in ringe.
Bedien saam met braaivleis.