Tuesday 3 March 2015

Slaai met geroosterde hoender en mielies




Slaai met geroosterde hoender en mielies

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
5 minute
Gaarmaaktyd:
25 minute

• 3 hoenderborsfilette
• olyfolie
• 2 heel groenmielies
• slaaiblare
• 1 bakkie kersietamaties  of 2 ryp tamaties, in blokkies gesny
• 2 sprietuie, gesny

Slaaisous
• 30 ml witwynasyn
• 10 ml sterk Engelse mosterd
• 50 ml olyfolie
• 15 ml fyngekapte basilie

1 Sny die hoenderfilette horisontaal middeldeur. Verf dit met olyfolie en geur dit dan goed. Verhit ’n riffelpan en rooster die hoenderstukke alkant tot dit net-net gaar is. Sny dit in repe of blokkies.

2 Sit die mielies in die riffelpan en rooster dit aan al die kante tot dit gaar is. Sny die mieliepitte van die stronk af en meng dit met die hoender en die orige slaaibestanddele.

3 Slaaisous Meng die asyn en mosterd saam. Gooi die olie stadig in ’n dun straaltjie by terwyl jy dit die heeltyd klits. Roer die basilie by en gooi dit oor die slaai. Meng dit deur.