Thursday, 19 March 2015
Pynappel - wortelkoek.
Lolieta Kritzinger
Pynappel - wortelkoek.
420 g (750 ml) bruismeel
15 ml koeksoda
1 ml sout
250 ml sonneblomolie
400 g (500 ml) suiker
4 eiers
1 x 440 g blik pynappel moes, gedreineer
320 g (750 ml) wortel, gerasper
5 ml kaneel
Bolaag
1 x 250 g houer gladde maaskaas
Sap en geel skil van 2 suurlemoene
80 ml kondensmelk
100g gekapte haselneute
Verhit oond tot 180°C. Sif meel, koeksoda en sout saam. Meng olie, suiker en eiers. Voeg olie mengsel by droë bestandele en meng goed. Vou wortels, pynappelmoes en kaneel by mengsel. Spuit n losboom ring koekpan (20 x 18 cm) goed met kleefwerende sproei. Gooi beslag in die pan en bak vir 35 -40 minute of totdat n toetspen skoon uitkom. Keer op draadrak uit en laat afkoel.
Meng bestandele vir bolaag goed tot glad. Laat stol in yskas vir 20 minute. Gooi oor koek en versier met neuter.