Friday 13 March 2015

'n Spaanse Seekospot





'n Spaanse Seekospot

 
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
2 chorizoworsies, oorlangs in ringe gesny
2 uie, gekap
1 stingel seldery, dun gesny
2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
sout en gemaalde swartpeper
1 rooi rissie, in die lengte middeldeur gesny, pitte verwyder en fyn gekap knypie saffraan
15 ml (1 e) paprika
250 ml (1 k) witwyn
2 x 410 g-blikke heel, geskilde tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
15 ml (1 e) tamatiepasta
fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
2 hande vol baba-aartappels
1 kg visfilette soos stokvis en rooi roman
500 g gemengde skulpvis soos garnale en mossels
2 x 410 g-blik botterbone, gedreineer
hand vol pietersielie, gekap

 
Braai die worsies tot goudbruin in die verhitte olie. Haal uit en hou eenkant.
Voeg die uie, seldery, wortels en knoffel in die potjie en verbruin. Geur na smaak.
Voeg die rissie, saffraan, paprika, witwyn, tamaties, tamatiepasta en suurlemoenskil by. Bedek en bring tot die prutstadium.
Voeg die aartappels by, bedek vir 20- 30 min. tot sag gekook, maar nie pap nie.
Pak die visfilette, dan skulpvis, chorizo-worsies en botterbone in lae bo-op. Bedek en prut vir 20 min. tot gaar. Meng die pietersielie deur en sit voor.